Mans gered wat aan skiboot by damoorloop vasklou

Lees ook :

Foto: NSRI

MPUMALANGA. – Vier mans het Maandagaand ter nouernood aan ‘n ramp ontkom toe hulle aan ’n skiboot vasgeklou het terwyl dit op die rand van die Grootdraaidam se oorloop naby Standerton vasgekeer was. Die vier mans is vanaf Kinross, Scottburgh, Potchefstroom en Standerton afkomstig.

Luidens ‘n verklaring deur Craig Lambinon van die NSRI is diensspanne kort ná 19:00 ontbied. Reddingsvaartuie is onderskeidelik van Benoni en Witbank af ontplooi. Die mans het in die water aan hul skiboot vasgehou, met swaar vloeiende water wat gedreig het om hulle oor die dammuur en in die Vaalrivier af te spoel. Travis Clark, NSRI Witbank-stasiebevelvoerder, het gesê dit het voorgekom asof die skiboot se enjin meganies gefaal het, waarna die vaartuig tot by die oorloop gedryf het. Die mans het aan die agterkant van die boot vasgeklou, almal met reddingsbaadjies aan.

Verskeie nooddienste was op die toneel, maar weens die gevaarlike toestande kon die mans nie bereik word nie. Die NSRI het ’n reddingsboot stroomop te water gelaat en ’n berekende benadering gevolg om die mans te bereik. Clack het verduidelik dat die reddingspan ’n sagte reddingsboei gebruik het om aan ‘n tou na die mans te gooi. Die mans is opdrag gegee om gelyktydig daaraan vas te hou. Nadat dit bevestig is dat almal veilig vas was, is die mans met die reddingsboot na rustiger water weggetrek.

Die NSRI was nie bewus dat ‘n beampte van die departement van water en sanitasie drie sluise by die oorlooppunt oopgemaak het, wat ‘n vakuum onder die boot geskep het, wat sodaloende die oorloopdruk verlig het. Dit besonderse kennis van die beampte het gekeer dat die boot oor die rand spoel. Die departement van departement water en sanitasie is vir hierdie optrede geprys.

Al vier mans is veilig aan wal gebring en deur nooddienste ondersoek. Geen beserings is aangemeld nie. Die skiboot met die mans se persoonlike besittings bly egter op die rand van die oorloop vasgekeer terwyl die situasie deur owerhede gemonitor word.

Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgêre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief