Kyk: Jong ondersteuner ontmoet ‘Elizabedi’

Lees ook :

Foto: Skermgreep Springboks video-opname

Die jong Springbok-ondersteuner van die “Elizabedi”-video het sy held ontmoet. Siya Dlamini het uitgelate gejuig toe Eben Etzebeth oor die doellyn seil. Die video hiervan is wyd en syd op sosiale media versprei en het ‘n paar T-hemde met die woord “Elizabedi” voorop gedruk tot gevolg gehad.

Die jong man in die video is van Volksrust in Mpumalanga. Hy het sy held om die lyf gegryp toe hy hom ontmoet.

Springboks Facebook-blad sê: “What a great moment! Siya Dlamini from Volksrust in Mpumalanga gets to meet #Elizabedi 🥹

#StrongerTogether

FiND iT het op 19 Oktober soos volg berig:

In ‘n TikTok-video wat op die profiel @Iwa_ziii gedeel word, is ‘n jong Springbok-rugbyondersteuner in vervoering oor wat soos “Elizabeth” klink, oftewel Eben Etzebeth.

Sy opgewondenheid ken geen perke nie wanneer hy uitbundig uiting aan sy blydskap gee toe Eben Etzebeth oor die doellyn seil en ‘n drie druk.

Met die deel van die video van “Elizabedi?” word daar gesê die jong man sou graag die finaal van die Wêreldbeker wou bywoon om Etzebeth te sien.

Daar is bykans 500 keer kommentaar op die video gelewer en dit word op sosiale media versprei.

“Pov: He’d really love to go to the finals to see Eben, lets tag @Rugby World Cup , @Springboks.rugby and @Eben Etzebeth till they see this 😭😭😭 #SAMA28 #lwazizulu #worldcup #RSA #springboksrugby #fyp #viral #rwc2023

Bron: Tik Tok @Iwa_Ziii

Volg FiND iT se Facebookblad hier en klik hier om ons app af te laai. Klik hier vir vandag se nuutste nuus. As jy Afrikaanse Nuus op die Moya App wil lees, volg die skakel

Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgêre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief