KYK: Kinders dood en nog beseer toe taxi in kleuterskool vasry

Lees ook :

Foto's: KwaZulu Private Ambulance Service

KWAZULU-NATAL. – Drie kinders is dood en elf ander beseer toe ’n taxi met leerlinge vanoggend (Donderdag) omstreeks 07:30 glo beheer verloor en teen ’n kleuterskool in die Imbali-gebied van Pietermaritzburg op die T6-pad vasgery het.

Craig Botha van KwaZulu Private Ambulance Service sê dié diens is na die chaotiese toneel ontbied. Paramedici het onmiddellik mediese hulp aan die beseerdes verleen. Die jongste ongelukslagoffers was tussen nege en 11 jaar oud. Die beseerdes, almal tussen nege en 15 jaar oud, was passasiers in die taxi op pad skool toe. Vier beseerdes het kritieke beserings opgedoen en het lewensreddende intervensie deur gevorderde nooddiensparamedici benodig. Vyf is ernstig beseer, terwyl een ligte beserings opgedoen het. Drie kinders het op die toneel aan hul beserings beswyk. Alle oorblywende beseerdes is na ‘n hospitaal vervoer.

“Ons innige meegevoel gaan aan die families en vriende van diegene wat hul lewens in hierdie ongeluk verloor het. Ons loof die moed en professionaliteit van ons paramedici wat onder uiters moeilike omstandighede onverpoos gewerk het,” het Botha gesê.

’n Volledige ondersoek na die oorsaak van die ongeluk is aan die gang.

Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgêre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

Subscribe
Notify of
guest
0 Comments
Oldest
Newest Most Voted
Inline Feedbacks
View all comments

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief