KYK: Oekraïense vlugteling op trein in VSA doodgesteek

Lees ook :

Foto: Iryna Zarutska en skermgreep van video

Waarskuwing: Die video kan sensitiewe lesers ontstel

VSA. – Iryna Zarutska (23), ’n Oekraïense vlugteling in die VSA, is op 22 Augustus op ’n trein in Charlotte, Noord-Carolina doodgesteek nadat sy op ‘n trein van die Lynx Blue Line geklim het. Die voorval word wyd veroordeel.

Volgens die ondersoekbeampte James C. Barnacle jr., het Zarutska kort ná haar aankoms by die East/West Boulevard-stasie in South End op ‘n trein geklim. Sy het in ‘n sitplek voor Decarlos Dejuan Brown jr., die verdagte, gaan sit. Ongeveer vier minute later het die verdagte ’n voumes uit sy sak gehaal, dit oopgevou en haar drie keer van agter gesteek, een keer in die nek. Die video van die voorval, wat wyd op sosiale media versprei word, wys hoe sy eers geskok haar gesig in haar hande het en dan vooroor op die grond val. Zarutska is op die toneel dood verklaar.

Die verdagte het by die volgende stop van die trein afgeklim en is kort daarna op die perron deur polisie in hegtenis geneem. ’n Federale klag is teen Brown gelê. Hy word ook van moord in die eerste graad aangekla.

Familie van Zarutska sê aan die televisiestasie WBTV sy het na die VSA gegaan om in vrede en veiligheid te lewe, maar haar lewe is haar ontneem op “die mees gruwelike wyse.”

Bronne: WBTV, U.S. Justice Department, The Independent

Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgêre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief