Betogings in Nepal eis 25, ook vrou van voormalige eerste minister

Lees ook :

Betogings in Nepal eis 25, ook vrou van voormalige eerste minister fotokrediet: X

NEPAL. – Altesaam 25 mense is oorlede en 633 is beseer in gewelddadige betogings in Nepal. Die betogings het Maandag begin nadat die regering sosiale media tydelik blokkeer het. Betogers het Dinsdag regeringsgeboue aangeval en minstens 13 000 gevangenes in 77 distrikte van Nepal bevry.

Lees ook: Trump-bondgenoot doodgeskiet terwyl hy oor vuurwapengeweld praat

Die vrou van die voormalige eerste minister, Jhalanath Khanal, is oorlede nadat hulle huis deur die betogers aan die brand gesteek is. Rajalaxmi Chitrakar is na ‘n hospital geneem, maar is aan haar beserings oorlede.

‘n Aandklokreël is steeds geldig en die weermag het mense in Kathmandu bevel om in hulle huise te bly.

Bronne: The Mirror, NDTV, Newsweek

Lees ook: Trump-bondgenoot doodgeskiet terwyl hy oor vuurwapengeweld praat

Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgêre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief