‘n Lewendige uitsending word tans uitgesaai waar die Bittereinders en boere aan ‘n wettige optog op Groblersdal deelneem.
Die polisie keer dat die hofgebou binnegegaan word en het glo ‘n beplande roete verander. Daar is ‘n besluit geneem dat die optoggangers na die hof toe gaan beweeg, wat skeefgeloop het. Tydens ‘n poging om deur te breek hof toe is Francois van der Merwe van Bittereinders agter in ‘n polisievoertuig geplaas.
Donderbuise is ook reeds afgevuur.
Volgens ‘n sosialemediaplasing van Tewie Wessels is boere binne en buite Groblersdal toegemaak.
Die optog is beplan omdat Piet Groenewald (63) en Stefan Greeff (27) sy stiefseun, van ‘n sekuriteitsmaatskappy vanoggend vir ‘n formele borgaansoek in die landdroshof voorkom.
FiND iT se Zelda Mans het voorheen soos volg berig:
GROBLERSDAL, LIMPOPO. Piet Groenewald (63), ’n sekuriteitsmaatskappy-eienaar en voormalige kolonel, het Vrydag saam met sy stiefseun Stefan Greeff (27) in die Groblersdal-landdroshof op ’n aanklag van aanranding met die doel om ernstig te beseer, verskyn.
Dit volg na ’n insident toe die slagoffer (30) verlede Woensdagoggend by Kwaggafontein in Mpumalanga, wagpligte by ’n netwerkbatterytoring uitgevoer het. ’n Toesighouer van die privaatsekuriteitsmaatskappy, Wildlife Investigation & Protective Services (WIPS) op Groblersdal het na bewering gaan kyk of die slagoffer aan diens is en het hom beskuldig dat hy onder die invloed van alkohol gewerk het.
Volgens kol. Malesela Ledwaba, provinsiale woordvoerder van die SAPD, het die toesighouer die slagoffer glo saam Groblersdal, Limpopo toe geneem om die situasie met die bestuurder te gaan bespreek. ’n Stryery het na bewering met hul aankoms op Groblersdal uitgebreek waarna die bestuurder die slagoffer glo met ’n harde voorwerp geslaan het. Die slagoffer was na bewering met ’n panga gewapen.
Daarna het die bestuurder na bewering ’n familielid beveel om die gesin se hond op die slagoffer los te laat om die situasie onder bedwang te bring. Die slagoffer, wat slegs vyf dae voor die konfrontasie deur die maatskappy aangestel is, is glo aan albei bene gebyt. Middelburg Observer berig die slagoffer het reeds voor die konfrontasie ’n hoogtepunt bereik het, sy foon op live gestel.
’n Saak van aanranding met die doel om ernstig te beseer is geopen nadat die slagoffer die insident by die SAPD gerapporteer het.
Piet Groenewald het na bewering vir Willem Petzer, gemeenskapsaktivis, volmag gegee om vir hom ’n advokaat te vind. Die verdagtes verskyn weer vandag in die hof vir hulle borgaansoek. Die slagoffer se naam is nie bekend gemaak nie.
Volg FiND iT se Facebookblad hier en klik hier om ons app af te laai. Klik hier vir vandag se nuutste nuus. As jy Afrikaanse Nuus op die Moya App wil lees, volg die skakel





