KYK: Konstitusionele-hof gee nasionale gesondheidsversekering ‘n harde hou

Lees ook :

Foto: Ter illustrasie

Solidariteit beskou die Konstitusionele-hof se uitspraak oor die behoefte-sertifikaat van die nasionale gesondheidsversekering as ‘n reuse-oorwinning vir gesondheidspraktisyns en gewone Suid-Afrikaners. Die uitspraak beteken dat die regering nie langer kan voorskryf waar dokters en ander praktisyns mag werk of watter dienste hulle mag lewer nie.

Die adjunkbestuurshoof van Solidariteit, Anton van der Bijl, sê die behoefte-sertifikaat was ‘n instrument waarmee die staat gesondheidswerkers soos pionne wou rondskuif om sy eie mislukkings te verbloem. “Vandag het die hof gesê professionele mense is nie staatsbesit nie.” Solidariteit sê dit is ook ‘n belangrike teken dat die NGV se breër grondwetlikheid op wankelrige voete staan. Die vakbond bevestig dat sy regstryd sal voortgaan.

Die Vryheidsfront Plus jubel oor die hof se beslissing. VF Plus-LP Philip van Staden sê die behoeftesertifikaat sou die staat die bevoegdheid gegee het om aan gesondheidswerkers voor te skryf waar hulle mag werk en watter dienste hulle mag lewer – ‘n bepaling wat die VF Plus reeds in 2023 in ‘n formele regsopinie aan die Parlement as ongrondwetlik uitgewys het.

Die saak is deur Solidariteit, die Hospitaalvereniging van Suid-Afrika en verskeie onafhanklike praktisynsverenigings teen minister Aaron Motsoaledi gebring, waartydens die hof ‘n soortgelyke Hooggeregshof-uitspraak van 2024 bevestig het. Ondanks openbare teenstand het pres. Cyril Ramaphosa die wet kort voor die 2024 verkiesing onderteken. Verskeie ander hofsake teen die NGV is nog hangende en die president is onder toenemende druk om sy besluit te verduidelik.

Die VF Plus doen ‘n beroep op die regering om die NGV onmiddellik te laat vaar en eerder aandag te gee aan die herstel van die bestaande openbare gesondheidstelsel — een wat voordelik sal wees vir alle Suid-Afrikaners.

Druk hier om meer te lees.

Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgêre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief