KYK: Leerlinge beseer toe bus onderweg skool toe omslaan

Lees ook :

Foto: Durban-metropolisie

KWAZULU-NATAL. – Minstens tussen 18 en 20 persone, onder wie skoolleerlinge, is vanoggend (Maandag) beseer toe die bus waarin hulle passasiers was, in Annete-rylaan in Reservoir Hills, wes van Durban, omgeslaan het.

Garrith Jamieson van ALS Paramedics sê die hele pad word deur die bus blokkeer en raai motoriste aan om van alternatiewe roetes gebruik te maak. Hy sê nadat die beseerdes na hospitale vervoer is, sal herwinning van die bus begin. ASLS Paramedics en nog ambulansdienste is op die toneel.

Die polisie en metropolisie is teenwoordig om ondersoek in te stel.

Die Durban-metropolisie versoek motoriste om snelheid te verminder en die toneel met versigtigheid te benader. Alternatiewe roetes word voorgestel.

Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgêre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

Subscribe
Notify of
guest
0 Comments
Oldest
Newest Most Voted
Inline Feedbacks
View all comments

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief