KYK: Lisie Basson stel ‘Dis Jou Oë’ vry

Lees ook :

Foto: Amike Oosthuizen

Lisie Basson, Die Kontrak Seisoen 2-sangeres, het pas ‘n nuwe enkelsnit genaamd, Dis Jou Oë vrygestel.

Fanie Nel van die Coleske Groep sê die snit steel harte met ‘n opregte klank. “Eers het sy ons koppe laat skud, toe het sy ons na die dansvloer gelok, en nou gryp ons na ons cowboyhoed en stewels!”

Basson sê die Afrikaanse folk-countryliedjie wat haar na aan die hart is, kom uit haar eie pen en moes eers in ‘n laai lê voordat sy dit aan die luisteraars bekend gestel het. Vir Basson gaan die liedjie se boodskap oor dinge waarvoor jy lief is en wat vir jou in mense vir wie jy lief is, uitstaan. “Die musiekbedryf fokus tans sterk op kuier- en dansmusiek, en daarom het ek aanvanklik gewag vir ‘die regte tyd’ om hierdie liedjie uit te reik. Maar toe besef ek: daar is nooit ’n regte tyd nie – ek moet net soveel musiek as moontlik uitbring om my eie brand te bou.”

Nel beklemtoon Basson sien Dis Jou Oë as ‘n nuwe klankrigting en dat dit met die unieke klank ‘n spesiale plek in wie ookal daarna luister, se harte sal vind.

“Vir my beteken dit ’n nuwe begin in die tipe musiek wat ek wil vrystel. Ek wil my eie klank vind en nie net probeer klink soos wat op die top-trefferlyste is nie. As ’n kunstenaar moet jy uniek wees, anders gaan jy nooit jou eie stem ontdek nie. Ek is baie trots op hierdie liedjie en ek hoop dit word vir ander net so spesiaal soos wat dit vir my is. Dis ’n ligte, lekker liedjie en ek hoop mense wil dit net oor en oor hoor!”

Die musiekvideo, deur Elias verfilm, is deur deur Georic Lomas gereël wat ook ondersteuning met alle aspekte verleen het, is op die Lourensford-wynlandgoed in Somerset-Wes opgeneem. “Dis een van die mooiste plekke in die wêreld met die ongelooflikste natuurskoon. Ek wou ’n video maak wat vir my gelukkig voel, en Lourensford is definitief ’n plek waar ek op my gelukkigste is,” sê Basson met dankbaarheid.

Dis Jou Oë kan hier op alle stromingsdienste gekry word.

Basson kan op alle sosialemediaplatforms gevolg word.

Het jy kommentaar oor die berig? Jy kan nou aan Nuusflits lesersbriewe skryf en dalk word joune gepubliseer. Rig jou brief aan die redakteur by [email protected]

Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgêre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief