Brekende Nuus
Afrikaans

Kyk: Malema soek nuwe kleur en naam vir Springbokke

Julius Malema soek 'n nuwe kleur, naam en embleem vir die nasionale rugbyspan.

Malema sê Springbok moet weg
Foto's: Springboks and EFF Facebook-bladsye

“MABOKOBOKO is an Afrikaner pride, it’s an Afrikaner property – that is why the President of the Afrikaners, Johann Rupert, received amaBokoboko.”

Julius Malema, leier van die EFF sê die “Springbok” moet uit, aangesien dit volgens hom ‘n apartheidsimbool is en hy het daarom nie die Springbokke ondersteun nie. Die Springbokke soos hulle tans daar uitsien, verteenwoordig volgens hom die pyn van apartheid.

Malema het Sondag tydens ‘n toespraak voor die Gauteng Provincial Ground Forces Forum by die Standard Bank-arena in Johannesburg gesê hulle soek ‘n kleur wat demokrasie verteenwoordig en genoem die nasionale span moet boonop ‘n nuwe naam en embleem ook kry.

Voorts het hy gesê rugby is nie ‘n witmansport nie, maar word reeds vir dekades gespeel en sy mense in die Oos-Kaap en elders het reeds rugby gespeel lank voordat die witman dit begin speel het.

Hy het gesê hy sal eerder Bafana Bafana ondersteun wanneer dit volgende jaar deur ‘n EFF-regering weer in aksie gestel sal word. Die span het volgens hom weens tekort aan ondersteuning en borgskap gefaal terwyl wit spanne geborg is en floreer het.

Bron: EFF Facebook-blad