KWAZULU-NATAL. – ’n Man in sy 40’S is vanmiddag (Vrydag) ernstig beseer tydens ’n skietery in die Bayview-gebied en is per helikopter na ’n hospitaal gevlieg.
Garrith Jamieson van ALS Paramedics sê nooddienste het hulle omstreeks 12:00 na die skiettoneel in Chatsworth-hoogweg gehaas, waar hulle die man met verskeie skietwonde aangetref het. Paramedici het hom op die toneel gestabiliseer, maar weens die erns van sy beserings is daar besluit om ’n Netcare911-lugambulans vir dringende behandeling in ‘n vlak 1-hospitaal te ontbied.
Die omstandighede van die skietery is nog onduidelik. Die polisie was op die toneel en ondersoek die voorval verder.


