KAAPSTAD. – ’n Johannesburgse man (32) het Sondagaand gesterf nadat die boot waarin hy en drie ander mans was, op Queens-strand in Bantry Bay omgeslaan het.
Noodpersoneel van die Nasionale Seereddingsinstituut het vier mense op die stand by hulle omgeslaande boot aangetref. Hulle pogings om die slagoffer te resussiteer was onsuksesvol.
Drie oorlewendes wat ’n Britse man en twee Suid-Afrikaners insluit, is nie beseer nie. Planne is gemaak om die boot vanaf die strand te verwyder.
Die volgende video van die voorval is op sosiale media gedeel:
Off Queens Sea Point – One dead, three in the hospital. Vaalies in an unregistered boat. pic.twitter.com/shrHzNVaQS
— Mike 🔥💥🔥 (@MikeBarendse) December 26, 2023
Bronne: EWN, Suburban Centre Control, The Citizen, NSRI, Twitter





