[t4b-ticker]

Kyk: Motoris stamp leeuwyfie in Krugerwildtuin

Lees ook :

Krugerwildtuin-insident
Foto ter illustrasie: Canva

KRUGERWILDTUIN. – SANParke beplan dissiplinêre optrede teen ‘n motoris wat ‘n leeuwyfie in die Krugerwildtuin gestamp het. Die voorval het op Vrydag 9 Augustus 2024 op die H1-4-roete tussen Satara en die Olifantskamp plaasgevind.

Volgens ‘n video wat wyd op sosiale media versprei is, het die motoris van ‘n Toyota Land Cruiser, wat ‘n karavaan gesleep het, tussen twee geparkeerde voertuie deurbeweeg terwyl ‘n trop leeus oor die pad loop. Hy het waarskuwings van ‘n ander motoriste geïgnoreer en in sy oënskynlike ongeduld ‘n leeuwyfie met sy voertuig gestamp.

SANParke het aangedui dat hul die saak ondersoek en dat onmiddellike aksie geneem sal word. Hul nasionale woordvoerder, Isaac Phaahla, het bygevoeg dat die registrasienommer deur gevorderde kamerategnologie opgespoor is en dat die motoris waarskynlik ‘n boete sal ontvang.

Ongelukkig word sulke voorvalle al meer algemeen in die Krugerwildtuin en ander Suid-Afrikaanse wildreservate.

Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgêre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief