Die viermanskap Francois van der Merwe, Willem Petzer, Devon Hofmeyr en Tewie Wessels is gister in die Groblersdal-landdroshof borg toegestaan. Drie van hulle het op sosiale media met dank teenoor ondersteuning reageer.
Willem Petzer sê met ‘n video dankie vir al die ondersteuning en bydraes tot onderskeidelike regsfondse. Hy het bygevoeg hy het nog altyd op ‘n eerlike manier sy eie geld gebruik. Hy wou ook die regskostes vir Van der Merwe dra, maar het met sy eie inhegtenisneming besef dat hy dit nie sal kan bybring nie. Kommer bestaan egter oor die vervolging van Dries Olivier, die voormalige burgemeester van Groblersdal en sy moontlike aanhouding op sy ouderdom. Petzer sê alles in die regspanne se vermoë sal gedoen word om te keer dat Olivier in dieselfde omstandighede as waarin hulle in aanhouding was, moet beland.
Volgens Petzer is hy onregmatig in hegtenis geneem en hy praat met sy regspan oor moontlike stappe. Hy sê voort brig. Espach van die polisie het vir die regspanne gelieg oor lasbriewe vir inhegtenisneming wat glo uitgereik is. Petzer sê tot vandag is daar nie lasbriewe vir een van hulle en dit sluit Olivier in, uitgereik nie.
Binne ‘n paar dae, op 25 Februarie, ontmoet Petzer met ‘n Poolse filmmaatskappy in Uganda om as medevervaardiger van ‘n dokumentêre film op te tree. Hy het die werk reeds meer as twee jaar gelede gekry. Die film gaan oor post-koloniale Afrika regdeur die Afrika-kontinent en verskeie lande gaan besoek word. Hiervoor is reeds geld aan Petzer oorbetaal vir die aankope om die film saam met die Poolse span te kan maak. Petzer sê hy het die Poolse span vooraf in kennis gestel toe sy oorgee aan die polisie ter sprake was. Die span was ongelukkig daaroor en sy naam het internasionaal skade gely. Petzer beskryf die hofsaak wat voorlê as titanies omdat die staat volgens hom hul messe vir hulle in het. Hy sal vir ‘n ruk stiller op Facebook wees en sal meer aktief op Instagram wees.
Petzer sluit af met die versoek vir handtekeninge vir ‘n petisie om hulle verder by te staan, waarvan die skakel aan die onderkant van hierdie berig ingesluit is.
Devon Hofmeyr het met enkele sinne op Facebook dankie gesê: “‘n Dankie sal nooit genoeg kan wees nie. Ek waardeer elkeen van julle. Soet is die stryd.”
Tewie Wessels het ook vir al die ondersteuning bedank wat hom in die moeilike tyd gedra het. Hy noem hulle was al vier saam en met tye saam met nog meer as 20 mense in ‘n sel van 3 m X 4 m. Wessels sê die vier van hulle kon mekaar op verskillende tye ondersteun en aanmoedig. Dit het hulle spesiale vriendskapsband, volgens hom versterk. Hy beskryf hulle het soms rug teen rug gelê terwyl hulle teen mekaar sweet omdat daar geen plek was nie en dit was volgens hom wat spesiaal was om hulle vriendskappe te versterk.
“Dan word moeilike tye makliker gemaak.”
Wessels sê soms was daar harde woorde, maar hulle het baie gepraat en uit die selle gestap as broers.
“Eers wanneer jou vryheid van jou af weggevat word, dan besef jy hoe baie dit vir jou beteken het en hoe kosbaar dit regtig was.”
Wessels sê dan hoe hy onder meer die son, wolke en blou lug wat as vanselfsprekend aanvaar word, gemis het. Hy dank die Vader dat hy gister op pad kon wees na wat hy lief het. Wessels verseker dat hy altyd sal opstaan vir geregtigheid en dit waarin hy glo wat reg is. Hy sê hulle probeer verander dat daar nie altyd net ‘n blinde oog na ongeregtigheid gedraai word nie en sê daar gaan moontlik foute gemaak word. Maar soos Petzer glo hy hy is heeltemal onskuldig.
“Ek gaan aanhou doen wat ek doen, ek gaan op myself fokus en ek gaan aanhou dinge na die beste van my vermoë doen vir die mense vir die mense wat ek lief het en vir my kinders se toekoms.”
Wessels sê hy besef indien sy kinders nie ‘n toekoms het nie, ander se kinders ook nie het nie. Hy sê hy kan nie te veel verdere inligting gee oor wat in die tronk of die saak of wat agter die skerms gebeur, of wat selfs gesê is, deel nie. Hy glo dit sal mettertyd geopenbaar word.
“Baie dankie julle. Ons waardeer dit. Soet is die stryd.”
Steve Hofmeyr het na borg toegestaan is die volgende gesê:
Borg toegestaan aan al vier!
Dit het ‘n ruk gevat vir die regsbank om te ontdek dat skedule een borgaansoek sommer dadelik toegestaan moes word. Met klem op die beperkte jurisdiksie van die borghof gee die regter al vier borg op voorwaarde dat hulle nie weer sal betoog in die saak van Groenwald nie of enigsins daardie saak bywoon nie. Borg is toegstaan op R5 000 per persoon en die hofdatum is vasgemaak op 4 April 2024.
Ek is verheug… nee, ek spring op die bank. Ons bede is aangehoor en weer het ek die glans aanskou van Boere ruimhartigheid, geloof en toewyding. Opgee en oorgee is nooit weer ‘n opsie nie. Ek praat met my seun met trane in my oë. In dié knoeiparadys kon enigiets gebeur het. Hy is verlig. Sy prioriteite is reg. Sy oë is altyd op sy God en sy trouheid behoort aan sy makkers en sy volk.
Maar NOU, sê hy, wil hy stort!
Dankie (Dank aan Boermedia en die regslui aan beide kante)
U ken ons koördinate…
Petzer het soos volg by die video-opname se plasing geskryf:
Die stryd is nie gewonne nie, maar begin nou eers.
Teken asseblief die petisie vir geregtigheid vir die 4 manne gearresteer in Groblersdal:
https://forms.gle/WW1oU59dnMDqNKKGA
Ons doelwit is om tweehonderdduisend handtekeninge te kry.
Willem Petzer

