Haïti se voormalige presidentsvrou aangekla van man se sluipmoord

Lees ook :

Haïti se voormalige presidentsvrou aangekla van man se sluipmoord
Haïti se voormalige presidentsvrou aangekla van man se sluipmoord fotokrediet: Canva

PORT-AU-PRINCE, HAÏTI. – Die voormalige presidentsvrou van Haïti word beskuldig daarvan dat sy by die sluipmoord van haar man betrokke was.

President Jovenel Moise is op 7 Julie 2021 in sy huis doodgeskiet in ‘n sluipmoord wat glo deur ‘n Miami-sekuriteitsmaatskappy gereël is. Sy vrou, Marine Moise, is tydens die aanval in die arm en bobeen geskiet. In ‘n aparte saak in Miami het ses van die elf beskuldigdes skuldig gepleit opdie klag van sameswering om Kolombiaanse sluipmoordenaars te stuur om Moise te vermoor. Hulle wou hom vervang met die pastoor Christian Emmanuel Sanon.

Martine is saam met 70 ander mense aangekla daarvan dat sy betrokke was by sy dood of geweet het hy gaan doodgemaak word. Die regter in die saak het gesê daar is teenstrydighede in haar verklarings en bewyse dat sy van die sluipmoord geweet het.

Twee beskuldigdes het ook gesê sy was van plan om president te word na haar man se dood. Haar prokureur het die aantygings ontken.

Die verdagtes is nog nie formeel aangekla nie en die saak teen hulle kan nog laat vaar word.

Bronne: Daily Mail, Mail Online, Bangkok Post, Yahoo News

Lees ook:

Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgêre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief