Kyk: Pilgrim wen toekenning vanuit hospitaalbed

Lees ook :

Fotokrediet: Mark Pilgrim/ Facebook

Mark Pilgrim (53) het ‘n staande ovasie ontvang nadat hy die afgelope naweek die toekenning vir die “Beste naweekradioprogram” by die SA Radio-toekennings gewen het.

Die Suid-Afrikaanse radio-aanbieder het op 27 Oktober twee mediese prosedures ondergaan sodat ‘n ineengestorte long behandel kon word.

Hy is laasweek, na meer as 30 dae in die intensiewesorgeenheid, na ‘n gewone saal geskuif.

Pilgrim kon nie die geleentheid bywoon nie, maar ‘n video van die verrigtinge is aan hom gestuur. Die radioman het almal bedank vir die staande applous.

“Dankie vir daardie ovasie! Dit het trane in my oë gebring. Ek is dalk in die hospitaalbed, maar ek is daar by julle in gees!”

Kyk die video hier:

https://fb.watch/h8eo2XDv0r/

Volg FiND iT se Facebookblad hier en klik hier om ons app af te laai. Klik hier vir vandag se nuutste nuus. As jy Afrikaanse Nuus op die Moya App wil lees, volg die skakel

Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgêre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief