KYK: Poging tot roof helder oordag op kamera vasgevang

Lees ook :

Foto: Skermgreep van video-opname soos verskaf

WES-KAAP. – ’n Vrou (76) was Woensdagoggend omstreeks 11:30 die teiken van ’n poging tot roof op die hoek van Warwick- en Upper Millstraat in Vredehoek, Kaapstad. Die voorval is op video vasgelê en twee verdagtes is reeds in hegtenis geneem.

Luidens ‘n verklaring van polisiewoordvoerder, konst. Ndakhe Gwala, het drie verdagtes probeer om die vrou se tas van haar af te neem. Toe sy weier, het hulle aan die tas getrek, maar sy het dit vasgeklou. Hulle het aanhouprobeer, tot sy op die grond geval en om hulp geskree het. Toe hulle besef hulle gaan gevang word, het hulle te voet gevlug.

Twee van die verdagtes, ’n 18- en ’n 19-jarige, is in hegtenis geneem. Die polisie is steeds op soek na die derde verdagte. Sodra hulle aangekla word, sal die verdagtes in die Kaapstad-landdroshof verskyn.

Foto’s: Verskaf

Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgêre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

Subscribe
Notify of
guest
0 Comments
Oldest
Newest Most Voted
Inline Feedbacks
View all comments

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief