Vrou en vriend vir ‘seksuele voorbereiding van kind en statutêre verkragting’ in hegtenis

Lees ook :

Foto: Ter illustrasie

MPUMALANGA. – ‘n Vrou (25) en haar mansvriend (33) is Maandag op aanklagte van seksuele voorbereiding van ‘n kind en statutêre verkragting van ‘n meisie (15) in hegtenis geneem.

Luidens ‘n verklaring van polisiewoordvoerder, lt.kol. Jabu Ndubane, het die ma van die tienermeisie ‘n klagte by die polisie gemaak dat ‘n vrou van Oyco in Phola na bewering haar dogter aangemoedig, beveel en oortuig het om aan seksuele aktiwiteite met verskeie mans deel te neem. Tydens ondersoek is vasgestel die tienermeisie en vriendinne het gereeld tyd by die verdagte vrou spandeer. Die tienermeisie en haar vriendinne is glo met die vrou aan die stuur aan seksuele aktiwiteite met mans onderwerp om geld te ontvang wat tussen haar en die meisies gedeel sou word. Die 15-jarige meisie is Maandag aan seksuele omgang met ‘n man (33) onderwerp, waarna die meisie R100 betaal is. Sy het later weer seksuele omgang met die vrou se mansvriend gehad, wat glo later sou betaal.

Die saak is by die polisie se GKS-eenheid wat sake van gesinsgeweld, kinderbeskerming en seksuele misdade ondersoek, aangemeld. Die verdagtes is opgespoor, in hegtenis geneem en aangekla. Hulle het vandag op aanklagte in die Ogies-landdroshof verskyn.

Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgêre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief