Verdagtes ná inbrake in hegtenis geneem

Lees ook :

Foto's: SAPD

WES-KAAP. – Drie mans is vanoggend (Donderdag) kort voor 06:00 ná onlangse inbrake in Simonstad en Vishoek in hegtenis geneem.

Luidens ‘n verklaring van polisiewoordvoerder, konst. Ndakhe Gwala, het die polisie inligting ontvang, waarna blitspatrollielede ’n wit Toyota Fortuner met drie manlike insittendes afgetrek het. Tydens deursoeking is ’n skootrekenaar, ’n selfoon en huishoudelike items gevind.

Die polisie is van nóg ’n inbraak in Simonstad ingelig. Die drie verdagtes is op aanklagte van huisbraak en die besit van gesteelde goedere in hegtenis geneem en sal in die Simonstad-landdroshof voorkom.

In ’n onverwante voorval het lede van die Kleinvlei-polisie Woensdag ‘n man (45) in Parkstraat, Spandua, Eersterivier, vir die rig van ‘n vuurwapen, na bewering bendeverwant, in hegtenis geneem. Gwala sê gemeenskapslede het polisiebeamptes tydens patrollies in kennis gestel dat ’n man in ’n wit Toyota Quantum hulle met ’n vuurwapen gedreig het. Die voertuig is opgespoor en tydens ’n deursoeking is daar op ’n 9 mm-pistool met 32 rondtes ammunisie beslag gelê. Sodra die verdagte aangekla is, sal hy in die Blue Downs-landdroshof verskyn.

Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgêre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief