Video’s in berig.
NOORD-KAAP. – Die SAPD het bevestig dat ’n video wat tans op sosiale media sirkuleer en brig. Schalk Andrews, die Namakwa-distrikskommissaris, uitbeeld, vals is. Die Noord-Kaapse provinsiale kommissaris het gesê die beeldmateriaal is nie eg nie en dat dit sonder magtiging gebruik is.
Luidens ‘n verklaring deur brig. Mashay Gamieldien is die TikTok-video versprei waarin foto’s van die senior polisiebeampte gebruik word, wat ’n direkte oortreding van die polisiewet is. Die polisiediens het die publiek versoek om nie ongeverifieerde en skadelike video’s van hierdie aard verder te versprei nie. “Die verspreiding van sulke inhoud skaad die beeld van die SAPD sowel as die reputasie van die senior bestuurder.”
Kol. Cherelle Ehlers sê vanoggend (Maandag), ondanks ‘n waarskuwing het daar intussen nog ‘n soortgelyke video-opname die lug gesien.





