Waarskuwing nadat vrou en hond op Seinheuwel aangeval is

Lees ook :

Foto: Ter illustrasie

WES-KAAP. – ’n Ernstige aanval op ’n vroulike besoeker en haar hond is Vrydag op die laer hange van Seinheuwel naby die Noon Gun-gebied bo die Bo-Kaap aangemeld. SANParke het die publiek gewaarsku om liefs sekere plekke te vermy. Die vrou het ‘n steekwond aan haar linkerarm opgedoen, maar haar hond het gesterf.

Luidens ‘n verklaring deur SANParke het die voorval in die Tafelberg Nasionale Park plaasgevind en is by die Kaapstad-Sentraal-polisiekantoor aangemeld. Besoekers en inwoners word gewaarsku om die betrokke gebied voorlopig te vermy en waaksaam te bly, veral rondom Seinheuwel, Tamboerskloof en die Bo-Kaap. SANParke werk saam met die polisie en wetstoepassingsdienste, met sigbare patrollies en lugmonitering, wat verhoog is om die ondersoek te ondersteun en openbare veiligheid te bevorder.

Kapt. Frederick van Wyk sê aan Nuusflits die roof het omstreeks 17:00 plaasgevind. Die vrou en haar hond het naby groot rotse gestap toe ‘n ‘n verdagte, in ‘n groen hoodie hulle met ‘n mes nader. Terwyl die verdagte glo haar selfoon geëis het, het die verdagte haar gesteek. Haar hond het die verdagte gebyt, maar is ook gesteek. Die verdagte het te voet met die vrou se Apple iPhone gevlug. Nog geen inhegtenisnemings is gemaak nie. Enigiemand met relevante inligting word gevra om na vore te kom.

Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgêre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief