WES-KAAP. – Philippi-speurders ondersoek ’n saak van huisroof ná ’n voorval Saterdag by ‘n verjaardagpartytjie in Sixwayikatistraat, Browns Farm.
Luidens ‘n verklaring van polisiewoordvoerder, konst. Ndakhe Gwala, is ’n verrassingsverjaardagpartytjie by die betrokke adres gehou toe drie onbekende mans opgedaag het en voorgegee het dat hulle gaste is. Die verdagtes het glo die slagoffers vriendelik gegroet en selfs omhels voordat hulle die perseel verlaat en kort daarna met ’n vuurwapen teruggekeer het. Die mans het selfone en kontant geëis en met 12 selfone, R130 kontant en alkohol van die toneel gevlug.
Geen arrestasies is nog gemaak nie en die ondersoek duur voort.





