KYK: Polisie tree vinnig op ná video van aanranding op bejaarde vrou

Lees ook :

Foto: Skermgreep van video-opname Pookie's Polls & Opinions X

WAARSKUWING! Die video is nie vir sensitiewe lesers nie.

MPUMALANGA. – Die polisie het ’n ondersoek van stapel gestuur nadat ’n skokkende video van ’n aanranding op ‘n bejaarde vrou op sosiale media versprei is. Die vrou is intussen opgespoor en het mediese behandeling ontvang. ‘n Man (22) is vir ondervraging ingeneem.

Volgens polisiewoordvoerder, brig. Donald Mdhluli, het polisiebaemptes van die Schoemansdal-polisiekantoor vinnig opgetree toe hulle van die video bewus geword het. ‘n Ondersoek is dadelik geloods om die omstandighede van die voorval te bepaal en die betrokke persone op te spoor. Volgens die polisie is die slagoffer intussen opgespoor en mediese behandeling gegee, waarna sy ook verdere besonderhede oor die voorval verskaf het.

Voorlopige ondersoeke dui daarop dat die voorval Saterdagaand omstreeks 21:00 by ’n drinkplek in Magogeni naby Schoemansdal plaasgevind het. Die vrou, wat by die onderneming werk, het glo televisie gekyk toe sy beveel is om die kanaal te verander. Dit is toe dat sy na bewering deur ’n man aangerand is.

Mdhluli bevestig die polisie het reeds ’n 22-jarige man in verband met die aanranding vir ondervraging ingeneem. Die ondersoek duur voort en owerhede sê verdere optrede sal volg indien nuwe inligting dit vereis. Meer besonderhede sal bekend gemaak word soos die ondersoek vorder.

Druk hier onder op die skakel om die video te kan sien.

Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgêre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief