KYK: Skiet-en ongelukstoneel deur polisie ondersoek

Lees ook :

Foto's: ALS Paramedics

WAARSKUWING! Die video-opname in die berig kan sensitiewe lesers ontstel.

KWAZULU-NATAL. – ‘n Toneel van ‘n skietinsident en ‘n ongeluk waarin die polisie Maandagmiddag in Underwoodstraat, Pinetown, betrokke was, word ondersoek. Paramedici is na die toneel ontbied waar die pad deur die polisie afgekordon en verskeie beskadigde voertuie, sommige met koeëlgate, oor ‘n afstand op die toneel aangetref is.

Garrith Jamieson van ALS Paramedics sê ‘n vragmotor met ‘n verdagte as bestuurder het trompop met ‘n polisievoertuig gebots, terwyl hy deur nog polisiebeamptes gejaag is. Die vragmotor was erg beskadig en het ook koeëlgate in die bakwerk gehad. Die bestuurder van die vragmotor het verskeie skietwonde in sy bolyf opgedoen en is op die toneel gestabiliseer voordat hy onder polisiebewaking vir verdere behandeling na ‘n hospitaal vervoer is.

‘n Familievoertuig met vyf persone op pad huis toe is ook getref. Insittendes is vir geringe tot matige beserings behandel voordat hulle ook vir verdere behandeling na ‘n hospitaal vervoer is.

Die omstandighede van die insident word deur die polisie ondersoek. Die oorsprong van die volgende video is onbekend, maar is deur ALS Paramedics gedeel en dit is op sosiale media te sien.

Het jy kommentaar oor die berig? Jy kan nou aan Nuusflits lesersbriewe skryf en dalk word joune gepubliseer. Rig jou brief aan die redakteur by [email protected]

Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgêre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief