KYK: Skote klap tydens transitoroof – verdagtes vlug sonder geldkaste

Lees ook :

Foto's: Reaction Unit South Africa

KWAZULU-NATAL. – ’n Gewapende transitoroof in Old Inandaweg naby Brindhaven het Maandagmiddag in ’n skietgeveg tussen swaar gewapende verdagtes en Reaction Unit South Africa (Rusa) se reaksiebeamptes gelei. Verdagtes moes onverrigter sake vlug en geldkaste agtergelaat.

Reaction Unit South Africa sê die operasionele sentrum het omstreeks 13:30 verskeie oproepe van die publiek ontvang oor ’n transitoroof in aanvang, met ontploffings wat in die omgewing gehoor is. Toe reaksiebeamptes op die toneel kom, het hulle op mans, met hoëkalibergewere gewapen afgekom wat vermoedelik op die uitkyk moes wees dat die verdagtes nie gevang word nie. ’n Skietgeveg het uitgebreek, waartydens ’n Rusa-reaksievoertuig twee keer deur koeëls getref is. Die verdagtes het daarna in twee voertuie, ’n wit Toyota Cross en ’n wit Toyota Corolla, in die rigting van Inanda gevlug en verskeie geldkaste agtergelaat.

Die Rusa Robinson R44-helikopter is ontplooi om die verdagtes vanuit die lug op te spoor. Skote is deur die verdagtes die lug in geskiet en die helikopterbemanning is tot versigtigheid gemaan. ’n Persoon is uit die lug gesien wat hul aandag na ’n nabygeleë plaas gerig het. Nadat die helikopter geland het, het die bemanning die omliggende gebied nagegaan en een geweer en twee 9 mm-pistole gevind wat vermoedelik deur die vlugtende verdagtes agtergelaat is.

Geen arrestasies is tot dusver gemaak nie en geen Rusa-reaksiebeamptes is beseer nie. Dit is nog nie bevestig of enige van die verdagtes gewond is nie. Die soektog duur voort.

Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgêre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief