Video in berig.
’n Stapgroep en ’n versorger wat tydens gure weer by Sentinel Car Park in die noordelike Drakensberge gestrand geraak het, is veilig deur reddingspanne ontruim.
Volgens die Suid-Afrikaanse Reddingsvereniging (Sarza) het die groep Woensdag probeer om hulself te red, maar swaar sneeu, reën en sterk winde het die pogings bemoeilik. Met hul voorraad wat min geraak het, is hulp ontbied. Sarza-spanne van Gauteng en die Vrystaat het met ’n gespesialiseerde Sherp-veldvoertuig deur die moeilike toestande beweeg en almal veilig na onder gebring. ER24 was ook beskikbaar indien enige mediese behandeling nodig sou wees.





