Brekende Nuus
Afrikaans

Kyk: Steve Hofmeyr deel KI- gemanipuleerde video wat hy ‘sotlikheid’ noem

Steve Hofmeyr het 'n KI- gemanipuleerde video van hom wat hy as "sotlikheid" beskryf op sosiale media gedeel.

Steve Hofmeyr wys AI- gemanipuleerde video
Foto: Skermskoot van video Steve Hofmeyr

“Kyk hierdie sotlikheid. Hulle gebruik my stem om bykans ENIGIETS te sê, dié keer in Nederlands, nogal! Ek het al rapporteer en geblok, maar die bots en AI se aanslag vererger.”

Steve Hofmeyr het gister hierdie video op sy sosiale media gedeel. Dit is wel Hofmeyr, maar wanneer jy na die video in Nederlands kyk, kom jy vinnig agter die video is met kunsmatige intelligensie (KI) gemanipuleer.

Hofmeyr het die aand vantevore gesê hy gaan ‘n plasing maak hoe oor hoe KI ingespan word en daar niks is wat daaraan gedoen kan word nie.

“Moreoggend 07:00 wys ek jou hoe ver bedrieërs hul BOTS en AI inspan om my en jou gesig, stem en video te gebruik om te DOEN EN SÊ WAT HULLE WIL. En ons hande is afgekap.”

Die gemanipuleerde video-opname is op ‘n Facebook-blad genaamd Daaglikse Afrikaner, gedeel. Die video kom ook saam met sy eie beskrywing. Dit is ‘n blad wat nuusagentskappe se daaglikse nuus deel.

Is jy ‘n KI-gebruiker en het jy al iets soortgelyks teëgekom?

Bron: Steve Hofmeyr