WES-KAAP. – Sylvia, die stoomtrein, het vir die eerste keer in bykans twee dekades weer tussen Hartenbos en Mosselbaai gery.
Mosselbaai-munisipaliteit sê in ’n sosialemediaplasing dat die stoomtrein die eerste toetsrit op 19 Maart 2026 onderneem het. Die munisipaliteit waarsku dat die publiek versigtig moet wees by spooroorgange. Mense word aangeraai om vir die trein se fluit te luister en weg te bly van die spore. Daar word ook daarop gewys dat oorfone gevaarlik kan wees, aangesien dit kan verhoed dat mense die waarskuwingsfluit betyds hoor.
Die toetsrit vorm deel van pogings om die historiese treinroete weer in gebruik te neem.





