Brekende Nuus
Afrikaans

Kyk: Swembad breek in Kaapstad by sewesrugby

Die swembad by die sewesrugbytoernooi in Kaapstad het met spelers binne-in gebreek.

Swembad by Sewes-rugbytoernooi in Kaapstad breek
Foto: Skermgreep van video TikTok @rugyleagueau

WES-KAAP. – Die 2 000 liter-swembad by die sewesrugbytoernooi in Kaapstad, wat aan die kant van die rugbyveld was, het met rugbyspelers binne-in gebreek. Spelers van Argentinië en Australië wat tydens die insident pas as die mans- en vrouespan-kampioene van die SA-been van die 2024-reeks aangewys is, was in ‘n jolige bui.

In die video kan gesien word hoe die spelers uitbundig die water inseil oor die kant van die swembad en dan opgewonde saam op en af begin spring.

Die volgende oomblik staan hulle binne-in die raamwerk wat van die swembad oor is.

Hierdie gebeur tot groot vermaak van die kommentators.

Bron: SA Rugby Mag en TikTok @rugyleagueau