VSA. – Donald Trump, die Amerkaanse president, moes Saterdagaand vinnig van ‘n gala-geleentheid by die Withuis in Washington DC ontruim word nadat ’n gewapende man skote geskiet en probeer het om deur ‘n veiligheidskontrolepunt te breek. Die aanvaller het probeer om toegang tot die saal te kry waar die president en ander hoëprofiel-gaste was, maar is betyds gekeer. Wetstoepassers het die situasie binne minute onder beheer gebring.
Trump en ander rolspelers het reeds die media oor die voorval toegespreek. ‘n 31-jarige man van Kalifornië, wat volgens Trump swaar bewapen was en vermoedelik alleen opgetree het, is reeds in aanhouding. Tydens die voorval is ’n veiligheidsbeampte geskiet, maar hy het ’n koeëlvaste baadjie gedra en is tans in ’n stabiele toestand. Trump sê hy was reeds in gesprek met dié geheimediensagent. Owerhede sê dit wys dat die veiligheidstelsel gewerk het, al het die voorval kommer laat ontstaan oor hoe naby die verdagte kon kom.
Trump het bevestig dat alle senior regeringslede, insluitend die presidentsvrou en vise-president, ongedeerd is. Die dinee is uitgestel om binne 30 dae weer plaas te vind.
In die volgende video kan gesien word hoe Trump en sy gaste ontruim word. Die video wys hoe die aanvaller deur veiligheid probeer breek.
Bronne: Truth Social, The White House, DWS, Fox News, Al Jazeera, Sky News





