Brekende Nuus
Misdaad

KYK: Verdagtes rand glo veiligheidswag aan, eersdaags in hof

Foto: Skermgreep van video-opname The Instigator X

OOS-KAAP. – Twee verdagtes is vir die beweerde aanranding van ‘n veiligheidswag by eBuhlanti Manina Glen in Oos-Londen in hegtenis geneem. ‘n Video-opname van die voorval is wyd op sosiale media versprei. Die verdagtes is aangekla en op Nuwejaar op waarskuwing vrygelaat om op 7 Januarie in die hof te verskyn.

Luidens ‘n verklaring van brig. Nobuntu Gantana is die verdagtes van gewone aanranding aangekla. Hulle sal op aanklagte in die Oos-Londen-landdroshof verskyn. Polisie-ondersoeke duur voort en verdere arrestasies kan moontlik volg. Geen verdere inligting is tans beskikbaar nie.