Rose Greyling Bilbrough, ‘n valskermswewer, is gered nadat sy Saterdag teen ‘n rif by Buffelsbaai naby Knysna vasgevlieg het.
Sy sê in ‘n Facebook-plasing dat alles Saterdag nie so goed geëindig het nie en dat sy in die hospitaal is met C7- en L1-werwelfrakture.
Sy het onder meer die Nasionale Seereddingsinstituut in Knysna en ER24 vir hul hulp bedank.
Rose is per EMS/AMS-helikopter in Oudtshoorn van die departement van gesondheid in die Wes-Kaap na George geneem waarna sy per ER24-ambulans na ‘n hospitaal vervoer is.
“Lots of bed rest coming up…”
Kry jou nuutste nuus elke oggend per e-pos. Teken hier aan: