WES-KAAP. – ‘n Vrou (37) is vanoggend (Woensdag) oorlede toe ‘n boom voor die polisiekantoor op Knysna, op die hoek van Hoofweg (N2) en Queenstraat, op haar motor geval het.
AO Christopher Spies, polisiewoordvoerder, sê aan Nuusflits hulp is kort voor 08:00 na die toneel ontbied. Hulpverleners het die voertuig onder die boom aangetref waarin die bestuurder vasgekeer was. ‘n Geregtelike doodsondersoek is geopen nadat die vrou se liggaam omstreeks 11:00 uit die voertuig gehaal is.
Spies bevestig ‘n gedeelte van die pad bly gesluit terwyl opruimingswerk met die voertuigwrak en boom aan die gang is.
Videokrediet: Onbekend





