*PERSVERKLARING
Die Noord-Kaap se potensiaal is vermors as gevolg van die ANC wat toegelaat het dat misdaad en korrupsie floreer, basiese dienste in duie stort en beurtkrag en werkloosheid handuit ruk. Dit het lyding en hopeloosheid veroorsaak onder diegene wat voorheen trots was om in hierdie provinsie hul tuiste te maak.
Duisende mense het al geregistreer om te stem en gaan voort om te kyk of hulle korrek geregistreer is om Suid-Afrika te kan red. Dit is nie vergesog nie. Vir die eerste keer in die geskiedenis toon peilings dat daar ‘n baie werklike moontlikheid is om die regerende party onder 50% te druk in ‘n aantal provinsies, insluitend die Noord-Kaap.
Dit is nie nou die tyd om hoop te verloor nie. Dit is tyd om gebruik te maak van die laaste kiesersregistrasienaweek, wat op Saterdag en Sondag 3 en 4 Februarie, regoor die provinsie en die land sal plaasvind.
Die Demokratiese Alliansie (DA) doen ‘n beroep op alle burgers om te verseker dat hul in staat sal wees om hul demokratiese stemreg uit te oefen en hul registrasiestatus na te gaan. Wysigings aan die kieswette vereis dat jy in die wyk waar jy woon, moet stem. Die regte registrasiestatus was dus nog nooit so belangrik nie.
Elke stem tel. Elke persoon wat smag na ‘n beter toekoms in ‘n provinsie wat werk, en in ‘n land wat sy mense en demokrasie beskerm, hul waardigheid en hul lewensbestaan waardeer, die ekonomie bevorder en daarna streef om geleenthede te skep, moet nou standpunt inneem om by die groeiende missie om Suid-Afrika te red, aan te sluit.
Stemlokale is Saterdag en Sondag van 08:00 tot 17:00 oop. Jy moet jou ID saambring om te registreer, hetsy die groen boekie of die slimkaart.
As jy nie by jou kiesstasie kan uitkom nie, kan jy by check.da.org.za hulp kry om aanlyn te registreer.
Dit is jou laaste kans om aanspraak te maak op ‘n beter toekoms. Laat dit tel voor dit te laat is!
*PERSVERKLARING
*HIERDIE PERSVERKLARING IS VOOR BETAAL DEUR DIE GENOEMDE POLITIEKE PARTY
Lees ook: Daily lotto uitslae vir 1 Februarie 2024





