Willie Aucamp, landbouminister, sal Donderdag die media inlig nadat hy met organisasies vergader het wat regstappe teen die departement van landbou ingestel het oor die hantering van die bek-en-klouseer-uitbreking.
Volgens Aucamp is die vergadering ‘n eerste stap om moontlik die regsproses op te los, terwyl daar terselfdertyd gewerk word aan ‘n gesamentlike benadering om die kwessies aan te spreek en die verhouding tussen die departement, die landbousektor en ander rolspelers te herstel.
‘n Mediakonferensie sal Donderdag 9 Julie om 16:30 by Loft at Nine in Menlopark, Pretoria, plaasvind.






