GAUTENG. – Die nasionale vervolgingsgesag se ondersoekdirektoraat teen korrupsie (Idac) het berigte ontken dat daar lasbriewe vir die inhegtenisneming van genl. Fannie Masemola, die nasionale polisiekommissaris, en ander uitgereik is.
Henry Mamothame, Idac-woordvoerder, sê in ‘n verklaring die bewerings is ongegrond en geen lasbriewe is uitgereik nie. Die direktoraat sê hulle het reeds herhaaldelik aan die media bevestig dat die gerugte onwaar is.





