Leerling by skool doodgesteek

Lees ook :

Foto: Ter illustrasie

MPUMALANGA. – ‘n Leerling (19) in gr. 11 van Hoërskool LD Moetanalo in die Steve Tshwete- munisipale gebied is Dinsdag op die skoolperseel oorlede, ná ’n voorval tussen twee leerlinge. Hy is glo tydens ‘n woordewisseling met ‘n skerp voorwerp in die rug gesteek.

Luidens ‘n verklaring deur die Mpumalanga-departement van onderwys het leerlinge klasse gewissel toe ‘n woordewisseling na bewering uitgebreek het waartydens die slagoffer in die rug gesteek is. Nooddienste wat ontbied is, het hom dood verklaar. Die skool het die oorledene se ouers ingelig en die voorval by die polisie aangemeld. Die polisie ondersoek die omstandighede en is op soek na die verdagte, wat ook ’n leerling by die skool is en glo van die toneel gevlug het.

Lindi Masina, die LUR vir dié onderwysdepartement, sal volgens die departement vandag (Woensdag) die skool en die familie besoek. Psigososiale ondersteuning word aan leerlinge en personeel gebied.

Volgens ‘n verklaring van die polisiewoordvoerder, lt.kol. Jabu Ndubane, ondersoek die polisie ‘n saak van moord by ’n skool in Mhluzi naby Middelburg. Drie manlike leerlinge het glo tydens pouse na die agterkant van die skoolperseel beweeg waar ’n woordewisseling ontstaan het wat later in ’n bakleiery ontaard het. Voorlopige ondersoeke dui daarop dat die slagoffer na bewering tydens die bakleiery gesteek is. Die leerling is op die toneel dood verklaar. Die verdagte het glo van die toneel gevlug, maar is later in hegtenis geneem en sal na verwagting binnekort in die Middelburg-landdroshof verskyn.

Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgêre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief