Leerling tydens skermutseling in nek gesteek

Lees ook :

Foto's: Reaction Unit South Africa

Waarskuwing! Foto’s in die berig kan sensitiewe lesers ontstel.

KWAZULU-NATAL. – ‘n Leerling (17) in gr. 10 by Hoërskool Trenance Park is Vrydag tydens ‘n skermutseling ernstig beseer en het steeds ‘n kombuismes in die agterkant van sy nek gehad toe noodwerkers op die toneel kom.

Reaction Unit South Africa (Rusa) sê in ‘n sosialemediaplasing dié diens het ‘n noodoproep vir hulp van die skool gekry. Die leerling het in ‘n vooroor posisie in die skoolkantoor gelê en het hewig gebloei.

Volgens die leerling was hy onderweg huis toe in Amaoti toe drie medeleerlinge hom glo genader en ‘n rusie ontstaan het. Een van hulle het na bewering ‘n mes uitgehaal en hom in die nek gesteek, waarna al drie weggehardloop het. ’n Verbyganger het die beseerde leerling terug tot by die skool gehelp.

Rusa-paramedici het die leerling kort voor 15:00 op die toneel gestabiliseer.

Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgêre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

Subscribe
Notify of
guest
0 Comments
Oldest
Newest Most Voted
Inline Feedbacks
View all comments

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief