‘Ek loop weer – ek is ’n lewende wonderwerk’

Lees ook :

Deur Ronell Theron vir LiG

Ek het ’n belofte aan God gemaak dat ek sal getuig as ek weer kan loop. Hier is my getuienis:

Voor 10 Oktober 2023 was ek ’n mens wat voluit geleef het. Ek was sportmal. Dis hoe ek grootgeword het en hoe ek my plek in die wêreld gevind het. Op skool het ek elke moontlike sport beoefen – swem, atletiek, netbal, tennis, fietsry, landloop. Ek was ’n trompoppie. Ek het nie bloot deelgeneem nie; ek het met my hele hart deel geword van elke span, elke aktiwiteit, elke kompetisie.

Nadat ek uit die skool is, het ek sport afgerig. Só het ek aktief deel gebly van netbal, atletiek en aksienetbal. Ek was voluit aan die gang, passievol, vasberade. Die adrenalien wat mededinging meebring, het sin aan my lewe gegee.

Sport was wel nie my enigste passie nie; mense was nog altyd vir my belangrik. Ek het van altyd af ’n diep liefde vir mense gehad, en ’n begeerte om ’n verskil te maak waar ek ook al gekom het.

LEES OOK: ‘Ek droom altyd ek loop weer’

My grootste passie was egter my liefde vir die Here.

Toe alles verander het …

Toe kom 10 Oktober 2023. Daardie dag, ’n gewone Dinsdag, het alles verander. Ek het toe sopas ’n spierwit motorfiets gekoop, ’n 750 cc. Ek was trots op my fiets en voorbereid op alles: beskermende klere, voldoende rylesse. Alles was net reg. Ek was wel nog besig om genoeg selfvertroue op te bou wat enkele tegniese aspekte betref, dinge soos wegtrek en rem en tot stilstand kom.

Toe tref die noodlot my: ’n klein en onbenullige motorfietsongeluk. Of so het dit aanvanklik gelyk.

Wat hierop gevolg het, het my liggaam, my gees en my geloof tot die uiterste toe beproef. Ek moes drie knieoperasies ondergaan. Ná die eerste een het ek sepsis opgedoen. Ek het vinnig verswak en ’n tweede operasie het gevolg. Ek het besef dat ek my been kon verloor. Ek is onder die indruk gebring dat die volgende operasie ’n noodoperasie is, maar daar het vyf dae verloop voordat ek teater toe is.

Ek het ál sieker geword. Ek was bang en bekommerd – en toe praat die Here hard en duidelik met my: “Wees stil en weet: Ek is God; Ek is verhewe onder die nasies, verhewe op die aarde” (Ps 46:11).

Uiteindelik het ek wakker geword met ’n uitwendige staalraam aan my been. Ek was letterlik vasgepen: 15 penne, van my heup tot by my enkel. Drie dokters het bevestig dat dit vreemd is dat daar geen teken van sepsis was toe hulle die operasiewond oopgemaak het nie. Dit was die eerste wonderwerk.

‘Hoe kan U dit gebruik, Here?’

Ek het die raam vier-en-’n-half maande lank gedra. Toe dit uiteindelik verwyder is, was my been styf en onbruikbaar. Dokter ná dokter het my onverrigtersake weggestuur. Die risiko om my weer te opereer was eenvoudig te groot.

Ek het in daardie tyd nie meer gevra “hoekom ek?” nie; eerder iets soos “hoe kan U dit tot u eer gebruik, Here?”

Toe gebeur nog ’n wonderwerk!

LEES DIE VOLLE ARTIKEL GRATIS HIER.


LiG is meer as net ’n tydskrif

God is voortdurend besig om die mooiste stories van hoop te skryf – jóú ondersteuning help ons om dit te deel. Hoe meer ondersteuning ons kry, hoe groter kan ons getuienisvoetspoor en impak wees. As jou inspirasievennoot bied ons Christelike inhoud en getuienisse vir elke tree van jou geloofreis. Jou donasie help ons om meer getuienisse te vertel en dit meer toeganklik te maak. Sodoende kan ons lig bring daar waar donkerte en moedeloosheid is.

Word deel van die getuienis – hier kan jy LiG vandag ondersteun.


Nuusflits publiseer advertensies en geborgde inhoud vir bemarkingsdoeleindes. Die sienings en aansprake wat in advertensies geuiter word, weerspieël nie die standpunte van Nuusflits, sy redaksie, of enige van sy affiliasies nie.

Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgêre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief