Lees hoe Pop en Sue hulself in Bali vind

Lees ook :

Lees hoe Pop en Sue hulself vind in Bali

Pop se hande staan vir min verkeerd, maar op die vooraand van haar vyftigste verjaardag is sy moedeloos. Sy is ’n vreemdeling vir haarself en almal soek hulle pond vleis by haar.

Dan kom Evan terug ná ’n verkwiste gap-jaar in Engeland saam met Sue, sy swanger bruid van Indonesiese afkoms. Twee agtereenvolgende tragedies laat hul wêreld aan skerwe spat en boonop is ’n opgesmukte geldskieter op Pop se spoor.

Wanneer Sue haar wortels in Bali gaan soek, besluit Pop om ook sin van haar eie lewe te gaan maak op dié eiland van die gode. Gaan skoonma en skoondogter kry waarna elkeen van hulle smag? En sal Maria Magdalena, die verstote hoenderhen en Sue se enigste vertroueling, ook haar tuiskoms kry?

Wilde vere deur Hendie Grobbelaar is beskikbaar by jou naaste boekwinkel en aanlyn: https://loom.ly/8ZhKzDs

#WildeVere #HendieGrobbelaar #Vrouefiksie #Humor #Deernis #Avontuur

*ADVERTENSIE

Lees ook: Los raaisels op saam met Nicci de Wee in ‘Knal’ deur Bettina Wyngaard

Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgêre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief