Leeus geskok deur WP XV se terugveg-poging by FNB onder 18 Craven Week

Lees ook :

Foto: Johan Maree - aXnshots

Westelike Provinsie XV het ‘n nege-punt agterstand teen die Goue Leeus omgekeer en hulle wonderbaarlik verslaan op dag vier van die FNB onder 18 Craven Week. Die Griffons, Pumas en Blou Bulle het ook by  Hoërskool Grey in Gqeberha op Donderdag geseëvier.

WP XV het hul onoorwonne rekord by die Craven Week-toernooi behou na die oorwinning oor die Leeus op Donderdag, terwyl die Griffons, Pumas en Bulle teruggeveg het na hul nederlae van Dinsdag.

Die Leeus het reeds vroeg bykans alle fasette van hul wedstryd teen WP XV beheer en ‘n 14-0 voorsprong opgebou. Die spelers van die Westelike Provinsie het egter kort voor halftyd teruggeslaan en het daarna die wedstryd in die tweede helfte oorheers.

Thomas Saunders (vleuel) het ‘n driekuns vir WP XV aangeteken, terwyl losskakel Travis Pheiffer vyf verdoelings behaal het in ‘n dramatiese 43-33 oorwinning.

Vroeër die dag het die Griffons vyf drieë aangeteken in hul 29-12 oorwinning oor die Valke, met vleuels Shovee de Villiers en Qlin Booyse wat albei dubbel – drieë aangeteken het.

Die Pumas het Grens van die begin tot die einde oorheers, met No 8 Vian Louw wat twee van sy span se agt drieë aangeteken het en losskakel Ewan van der Merwe wat 15 punte bygedra het.

Die daaropvolgende wedstryd tussen die Bulle en Griekwas was net so eensydig, met heelagter Drewyn Baron wat twee keer agter die pale gaan kuier het en losskakel Ruan Fluks wat sewe van sy span se nege drieë verdoel het.

 Craven Week uitslae – dag vier (Donderdag, 9 Julie):

 Griffons 29 (12) Valke 12 (0)

Grens 14 (0) Pumas 54 (27)

Blou Bulle 59 (40) Griekwas 19 (0)

Goue Leeus 33 (19) Westelike Provinsie XV 43 (10)

Sien ook: https://nuusflits.com/wp-wen-haaie-net-net-by-fnb-onder-18-craven-week/

Vir meer fotos, klik hier. Fotos deur Johan Maree aXnShots.

Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgêre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief