WP wen Haaie net-net by FNB onder 18 Craven Week 

Lees ook :

Foto: Johan Maree - aXnshots

Westelike Provinsie het die Haaie, op die derde dag van die FNB onder 18  Craven Week in Gqeberha, naelskraaps geklop, terwyl die Luiperde, Oos-Kaap en Vrystaat ook onder die wenners van die dag getel het. 

WP en Vrystaat is steeds onoorwonne in die toernooi, terwyl die gashere en Luiperde hul eerste oorwinnings van die week aangeteken het. 

Die kusderby wat op die Kolisi-veld plaasgevind het, het aan die verwagte opwinding voldoen, met die Haaie wat met ‘n klein voorsprong van vyf punte halftyd ingegaan het. Die Kwazulu-Natallers het WP ná die halftyd bykans in alle fasette en afbreekpunte lastig geval en die voorsprong het gegroei tot 15-punte. 

WP het terugbaklei om die agterstand in die laaste kwart van die wedstryd te verminder, en dit het gehelp dat die Haaie twee geel kaarte kort na mekaar gekry het. Met die eindfluitjie wat jy al bykans kon hoor, is ‘n derde Haai van die veld gestuur.  WP se heelagter Achmat Behardien het wyslik besluit om pale toe aan te lê om WP dramaties 24-22 te laat wen.

Vroeër die dag het Vrystaat drie laat drieë aangeteken om ’n 38-26 oorwinning oor Suidwestelike Distrikte te behaal. Heelagter Lamla Mgedezi het twee drieë vir die Cheetahs aangeteken, terwyl losskakel Samson Lackay 13 punte bygedra het.

Boland en OP het ’n soortgelyk taai stryd gehad, alhoewel die gashere in die tweede helfte beheer oor die wedstryd gekry het, met skrumskakel Luke Doyle wat in die 64ste minuut ’n drie aangeteken het om sy span se voorsprong tot agt punte te rek. Boland het in die doodsnikke nog ’n verdoelde drie aangeteken, maar OP het vasgeklou vir ’n 32-31 oorwinning.

Die Luiperde het die grootste oorwinning van die dag behaal deur die Limpopo Blou Bulle 57-14 te klop. Buite-senter Marques Jantjies het ’n driekuns vir die Noordwes-span aangeteken, terwyl loskakel Ricardo Enos ses verdoelings bygedra het.

FNB onder 18 Craven Week uitslae – dag drie (Woensdag, 8 Julie):

Luiperde 57 (31) Limpopo Blou Bulle 14 (7)

Boland 31 (17) Oostelike-Provinsie 32 (17)

Vrystaat 38 (19) Suid-Westelike Distrikte 26 (19)

Westelike-Provinsie 24 (7) Haaie 22 (12)

Vir meer fotos, klik hier. Fotos deur Johan Maree aXnShots.

Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgêre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief