Leeus kry oorhand in Jukskei-derby by FNB onder 18 Craven Week

Lees ook :

Foto Johan Maree - aXnshots

Die Goue Leeus het die Blou Bulle op dag twee van die FNB onder 18 Craven Week in ‘n naelbyt stryd geklop, terwyl Grens, Griekwas en Westelike Provinsie XV ook as wenners uit die stryd getree, het by Hoërskool Grey in Gqeberha.

Die tweede dag van die toernooi het ’n reeks opwindende wedstryde opgelewer, met 42 drieë wat gedurende die vier wedstryde gedruk is (10 van die drieë is gedruk in die Jukskei-derby).

Die Bulle het vinnig ’n 12-0 voorsprong opgebou met twee vinnige drieë. Die Leeus het egter terugbaklei en losskakel Jaydon Viljoen het, onder andere,’n langafstand-strafskop net voor rustyd oorgeklits om die Bulle se voorsprong tot vyf punte te verminder.

Die wedstryd het in die tweede helfte werklik lewe gekry en die voorsprong het verskeie kere van hande gewissel. Leeus-senter Ethan Lourens het laat in die wedstryd oor die doellyn gebreek vir sy tweede drie, terwyl die volgende telling deur slot Glodi Tshipamba ’n 43-32 oorwinning vir die seuns in rooi en wit verseël het.

Vroeër die dag, het Grens ses drieë aangeteken in hul 36-14 oorwinning teenoor die Valke, met vleuel Ncuthu Kepe wat twee keer agter die doellyn gaan kuier het.

Die wedstryd tussen Griekwas en die Pumas het in totaal 12 drieë opgelewer, met Griekwas se heelagter Tyler Campher, wat ‘n driekuns behaal het. Die Kimberley-gebaseerde span het die wedstryd na rustyd gedomineer en 22 punte in die tweede helfte aangeteken om ‘n 43-29 oorwinning te verseker.

Die stryd tussen WP XV en die Griffons het ‘n soortgelyke patroon gevolg, met die Wes-Kaapse span wat vanaf ‘n rustyd-agterstand teruggeveg het om ‘n oortuigende 52-33 resultaat te verseker. Losskakel Travis Pheiffer het 13 punte vir WP XV aangeteken, terwyl vleuel Cayden Samuels en flank Yanos Molnar elk met twee drieë geëindig het.

Die FNB Craven Week gaan voort op Woensdag, met die Luiperds wat teen die Limpopo Blou Bulle speel om 10:00 en WP wat teen die Haaie om 15:30 te staan kom.

Uitslae van dag twee (Dinsdag, 7 Julie): Grens 36 (7) Valke 14 (7) Griekwas 43 (21) Pumas  29 (22) Westelike Provinsie XV 52 (14) Griffons 33 (23) Blou Bulle 32 (15) Goue Leeus 43 (10)

Wedstryde – dag drie (Woensdag, 8 Julie): A-veld: 10:00: Luiperds teen Limpopo Blou Bulle 11:45: Boland teen Oos-Kaap 13:30: Vrystaat teen Suidweselike Distrikte 15:30: Westelike-Provinsie teen Haaie

Sien ook: https://nuusflits.com/wp-en-vrystaat-steek-vroeg-kleim-af-in-cravenweek/

Vir meer fotos, klik hier. Fotos deur Johan Maree aXnShots.

Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgêre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief