Brekende Nuus
Afrikaans

Liggaam in kleeflint in puttoilet ontdek

Die liggaam van 'n vrou is deur polisielede toegedraai in kleeflint in 'n puttoilet ontdek.

Liggaam in kleeflint in puttoilet ontdek
Foto: Ter illustrasie Canva

VRYSTAAT. – Sinah Bantjies (34) se liggaam is Sondag in kleeflint toegedraai in ‘n puttoilet in Caleb Motshabi ontdek.

Sers. Mahlomola Kareli sê Kopanong-polisie het inligting ontvang van ‘n vrou wie se liggaam in kleeflint toegedraai was in ‘n shack.

Met aankoms op die toneel was die shack toegesluit, maar die polisielede het sleepmerke na die puttoilet gesien. Ondersoek is ingestel en die liggaam is in modder in die puttoilet ontdek.

Kort na die ontdekking het die speurders van Kopanong ‘n beweerde verdagte (43), wat glo van die toneel gevlug het, in Botshabelo in hegtenis geneem.

Die verdagte sal na verwagting binnekort op ‘n aanklag van moord in die Bloemfontein-landdroshof verskyn.

Bron: SAPD