NOORD-KAAP. – Die liggaam van ‘n volwasse man is omstreeks 15:00 vandag (Maandag) uit die Ekapa-myn in Kimberley gehaal.
Kol. Cherelle Ehlers, polisiewoordvoerder, het bevestig ‘n geregtelike doodsondersoek is geopen. Die liggaam is herwin nadat ‘n modderstorting op 17 Februarie by die betrokke myn plaasgevind het. Vyf werkers was 890 meter diep in die Du Toitspan-skag vasgekeer en daar word voortdurend gewerk om hulle te bevry.
Ehlers bevestig die ondersoek duur voort.




