NOORD-KAAP. – Die liggaam van die vermiste Bernard Gerber (45), wat sedert verlede Woensdag vermis was, is Saterdag by sy woning in Royldene, Kimberley, aangetref.
AO Molefi Shemane, polisiewoordvoerder, sê die liggaam is omstreeks 11:30 ontdek. Die Kimberley-eenheid vir ernstige en geweldsmisdaad doen ‘n geregtelike doodsondersoek om die omstandighede van Gerber se dood vas te stel. Gerber is Vrydag as vermis aangemeld nadat hy Woensdag 8 Julie aan sy vrou gesê het hy is op pad na Douglas, maar nooit sy bestemming bereik het nie.
Enigiemand met inligting wat die ondersoek kan help, word gevra om speursers. Kelaegile Mosala, by 082 302 0407 te bel.





