Liggaam van vermiste toeris by Augrabies gevind

Lees ook :

Foto: SANParke brosjure

NOORD-KAAP. – Die liggaam van ‘n toeris, Schalk de Witt (73), is in die Augrabies-waterval nasionale park gevind nadat hy vroeër as vermis aangemeld is.

JP Louw sê SANParke is op 16 Maart 2026 in kennis gestel van die vermiste besoeker, waarna die polisie ontbied is en ’n uitgebreide soektog in die park begin is. Volgens hom het die familie twee dae later, met toestemming van die parkbestuur, bykomende lug- en grondsoektogte gereël. Tydens dié operasie is ’n liggaam op die Dassie-staproete ontdek. Die liggaam is later as dié van De Witt geïdentifiseer. Die polisie het die liggaam van die toneel verwyder en die saak is vir verdere ondersoek na forensiese owerhede verwys.

SANParke het sy innige meegevoel met die oorledene se familie en geliefdes uitgespreek. Die polisie hanteer die saak verder.

Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgêre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief