Liggame gevind van 67 mense dood in botsing tussen vliegtuig en helikopter

Lees ook :

Liggame gevind van 67 mense dood in botsing tussen vliegtuig en helikopter fotokrediet: X

Lees ook: Voorlopige data van AA- en Black Hawk-vlugte wys teenstrydige hoogtelesings

WASHINGTON, VSA. – Die liggame van al 67 persone wat dood is na ‘n American Airlines-vliegtuig met ‘n Black Hawk-helikopter gebots het, is gevind. Slegs een van die oorledenes moet nog geïdentifiseer word.

Die 67 persone is verlede week Woensdag dood toe ‘n Black Hawk-helikopter gebots het met ‘n American Airlines-vliegtuig wat op pad was om te land.

Ondersoekers van die NTSB het die naweek gesê hulle glo dat die helikopter te hoog gevlieg het en dat dit moontlik die ongeluk veroorsaak het. Data van die vliegtuig se vlugopnemer het gewys die vliegtuig was 325 voet in die lug. Data van die beheertoringdata het aangetoon die helikopter was op ‘n hoogte van 200 voet, maar ondersoekers glo die helikopter was op ‘n hoogte van 300 voet.

Die botsing het tussen 300 en 350 voet in die lug plaasgevind.

Bronne: The Independent, Global news, NPR

Lees ook: Voorlopige data van AA- en Black Hawk-vlugte wys teenstrydige hoogtelesings

Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgêre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief