Liggame in Kenia gevind moontlik aan kultus verbind

Lees ook :

Liggame in Kenia gevind moontlik aan kultus verbind fotokrediet: X

KENIA. – Altesaam nege liggame is Donderdag en Vrydag in Kenia in grafte in die Shakahola-woud ontdek waar meer as 400 liggame in 2023 gevind is.

Lees ook: Kinders geteiken om eerste te sterf in Keniaanse kultus – pastoor

Die polisie het gesê dit is moontlik dat die jongste vonds verbind is aan Paul Mackenzie se kultus waarin hy mense aangemoedig het om hulle tot die dood toe uit te honger sodat hulle “Jesus kan ontmoet”.

Die polisie is in Julie beveel om weer in die Shakahola-woud opgrawings te doen nadat kinders verdwyn het. 11 mense is in verband met die saak in hegtenis geneem, insluitend drie wat deel van Mackenzie se kultus was.

Die Keniaanse regering het vroeër die jaar kommer uitgespreek dat die kultus nog aktief is. Kipchumba Murkomen, minister van binnelandse sake, het in April gesê daar is bewerings dat Mackenzie met sy volgelinge vanuit die tronk kommunikeer. Die saak teen Mackenzie is vroeër die maand uitgestel.

Volgens die regeringspatoloog, Richard Njoroge, duur opgrawings duur voort en sal moontlik nog liggame gevind word.

Bronne: Africanews, BBC, The Star

Lees ook: Kinders geteiken om eerste te sterf in Keniaanse kultus – pastoor

Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgêre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief