Liggame van twee Gasa-gyselaars gevind

Lees ook :

Liggame van twee Gasa gyselaars gevind fotokrediet: X

GASA. – Die Israeliese weermag het die liggame van twee gyselaars in Gasa-suid gevind. Judi Weinstein Haggai (70) en haar man, Gadi Haggai (72), is in die stad Khan Younis gekry en is na Israel vir forensiese uitkenning geneem.

Lees ook: VSA veto VN se voorstel vir permanente skietstilstand in Gasa

Die egpaar is volgens die Israeliese weermag deur Hamas op 7 Oktober 2023 vermoor toe hulle Kibbutz Nir Oz aangeval het.

Altesame 56 gyselaars word steeds deur Hamas aangehou, van wie slegs 20 glo nog lewe.

Die egpaar se familie het gesê die twee het op 7 Oktober 2023 gaan stap en het nooit teruggekom nie, maar dat hulle “die afsluiting verwelkom en dat hulle terugkeer vir ’n ordentlike begrafnis by die huis, in Israel”.

Bronne: BBC, Euronews, CNN

Lees ook: VSA veto VN se voorstel vir permanente skietstilstand in Gasa

Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgêre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief